Lofprysing bring almal bymekaar
Mense het spontaan begin saamsing toe daar met lofliedere in 'n parkeerarea begin is.
VEREENIGING. – Dit het alles begin met ‘n video wat Dr Gys de Beer van die Delta Community Church gesien het.
In die video het mense op Time Square in New York musiek gemaak en mense het net vanuit alle rigtings by hulle aangesluit. Dit het in l’nofprysing en aanbiddingssessie ontaard.
Daar en dan het Gys besluit die gemeente van Delta Community Church moet dit ook probeer. Sondag, 19 November is daar ‘nverhoog opgeslaan by MediVillage in Vereeniging en die gemeente se Lofprysing- en aanbiddingspan het die eerste note laat hoor.

Soos wat die eerste note tot eer van die Here opgeklink het, het mense nuuskierig nader gestaan.
Met die woorde van die liedjies op ‘n groot skerm het oud en jonk al gou begin saamsing. Hoendervleisoomblikke.
Vreemdes van alle ouderdomme en kulture saamgesnoer vir ‘noomblik in tyd om God te prys.
Gys sê hy was baie verras met die resultate en dat hu’nlle punt daarvan gemaak om dit meer gereeld te doen. “So sal ons Vereeniging se strate vir Jesus proklameer.”