Local newsNews

Noodlanding naby Rust-ter-Vaal

Die vlieënier kon daarin slaag om die bewoonde gebied van Rust-ter-Vaal te vermy en 'n noodlanding in 'n oop stuk veld te doen.

 

VEREENIGING. – ‘n Plaaslike vlieginstrukteur is verlede week deur medevlieëniers geloof nadat hy ‘n noodlanding kon uitvoer sonder om huisbewoners se lewens in gevaar te stel.
Vaalweekblad verneem van ‘n betroubare bron dat die instrukteur en ‘n buitelandse student Woensdag besig was met ‘n opleidingsvlug toe die Piper Cherokee waarin hulle gevlieg het, enjinprobleme naby Rust-ter-Vaal ontwikkel het. Dit was net ‘n rukkie nadat hulle by die Vereenigingse vliegveld opgestyg het.

“Kudo’s vir die vliëenier, wat alles in sy vermoë gedoen het om die bewoonde gebied van Rust-ter-Vaal te vermy en ‘n noodlanding in ‘n oop stuk veld te kon uitvoer,” sê Vaalweekblad se bron.
Met die landing het die skroef ongelukkig in die grond vasgesteek en die vliegtuig het omgeslaan. ER24 en die Emfuleni-brandweer was gou op die toneel. Die instrukteur en student, wie se identiteit nie aan Vaalweekblad bekendgemaak is nie, was erg geskok maar andersins ongedeerd.
Die voorval word deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Die Piper Cherokee na verlede Woensdag se noodlanding in ‘n oop stuk veld naby Rust-ter-Vaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button