Renier Theron deel die kleur uit voor die Colour Run/Walk. Foto’s: Christiaan Cloete
*Die berig het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (1 – 7 Desember, 2023) verskyn.
MEYERTON. – Die NG Kerk Meyerton se jaarlikse Kersmark is elke jaar een van die dorp se groot hoogtepunte.
Op Saterdag 25 November was daar weer groot pret toe die Kersmark en gepaardgaande Colour/Run Walk gehou is.
Die orgniseerders het gemik om die wêreldrekord vir die grootste Colour Run te breek en met 1854 deelnemers het hulle waarskynlik baie naby aan dié mikpunt gekom.
Voor die aanvang is besoekers vermaak deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Eloff en Loufi en na die Colour Run/Walk is daar lekker saam gekuier by die Kersmark waar alles van pannekoeke tot kerrie en rys te koop was.
Daar was ook hope vermaak en produkte te koop by die stalletjies op die kerkterrein. Besoekers sê die gees was fantasties.
Die sanger Eloff neem ‘n “selfie” van die verhoog af terwyl die skare mal gaan. Foto: Christiaan Cloete‘n Meisie dans op die maat van Eloff se musiek terwyl sy op haar pa se skouers sit. Foto: Christiaan CloeteLoufie sing sy gewilde Rugbywêreldbeker-treffer, “Bokke”. Foto: Christiaan Cloete‘n Meisie geniet haarself gate uit voor die verhoog waar Eloff en Loufi opgetree het. Foto: Christiaan CloeteAnina Basson, Tian Basson, Ruvo du Preez en Jan Labuschagne by die Colour Run/Walk. Foto: Christiaan CloeteMia- Anne Botha en Nadia Steyn by die Colour Run/Walk. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!