Local newsNewsNews

Sing-sing die strate in om groente te verkoop

VANDERBIJLPARK. - Jy hoor die toeter wat jou aan 'n veteraan motor laat dink, maar nee, dit is Andries die singende groente verkoper op sy fiets met 'n netjiese waentjie agteraan.

Andries de Beer (37), ‘n inwoner van CW 5, het in Maart besluit dat werkloos by die huis sit hom nie aanstaan nie.

Hy het R300 geleen, groente gaan aankop en sy eenman besigheid aan die gang gesit.

Hy het eers die groente in ‘n trollie deur die strate gestoot, maar later kon hy ‘n fiets en waentjie aankoop.

Hy verkoop die groente (en nou selfs vrugte) in die verskillende CW-areas.

“Dit help die ouer inwoners en diegene wat nie vervoer het nie sommer baie,” vertel Andries.

Andries by sy fiets met die waentjie vol groente agteraan.

Andries begin reeds om 08:30 met sy rondtes deur die strate. Klante kry ‘n verskeidenheid om uit te kies en word begroet met ‘n vriendelike glimlag en geselsie.

“Ek koop nou sowat ‘n R1 500 se voorraad per maand aan,” vertel Andries met trots.

En hoekom word hy die singende groente verkoper genoem?

Andries is deur Rick van die plaaslike radiostasie IFM so gedoop, want Andries het ‘n baie mooi stem en sing selfs by funksies.

Die funksies word meestal deur Johan Botes van die Get Up & Go groep, waarvan Andries ook deel is, gereël.

So as jy daardie “veteraan motor toeter” hoor, kan jy gerus uitgaan en Andries ondersteun.

Of jy nou groete of vrugte koop, of hom net ietsie koel te drinke aanbied op warm somer dae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button