Local newsNews

Vriend onthou Mardo Foto’s se beginjare in motorhuis

Mnr. Jaap Smid stap 'n entjie op "memory lane" en onthou hier die begin van Mardo's in die 1960s

 

Mnr. Jaap Smid van Drie Riviere Aftreeoord skryf na aanleiding van ‘n onlangse berig oor Mardo Foto’s, wat vanjaar 55 jaar oud is:
Heel eerste, Baie geluk aan Mardo Foto’s met hul 55 jaar van bestaan. Eintlik moet ek begin by Beenke Douwenga want hy was eerste daar. Dus: Baie geluk met jou 75 jaar, Beenke!
Net so ‘n klein bietjie agtergrond – ‘n stukkie “memory lane”: Dries en Ina Douwenga was in 1963 ons huisvriende en het skuins oorkant ons in Tienie Groblerstraat, Heilbron gewoon.
Dries was daardie tyd bestuurder van die NCD Melkfabriek. Joek (my vrou) het by hom in sy kantoor gewerk en ek by Riemland Bakkery.
In daardie tyd het Ina in hul motorhuis begin foto’s ontwikkel wat sy by troues en ander geleenthede geneem het. Dit was die begin van Mardo Foto’s! Nogmaals baie geluk!
* Vaalweekblad se ouer lesers sal mnr. Jaap Smid onthou as die sakeman wat in 1968 saam met sy vrou, Joek, die baie bekende en suksesvolle Tip Top Bakkery in Lesliestraat, Vereeniging, geopen het. Joek is ongelukkig in 2014 oorlede maar mnr. Smid geniet steeds goeie gesondheid.

Mardo Foto’s se span in die beginjare: Voor is die onderneming se grondleggers, Ina en Andries Douwenga. Agter van links is die egpaar se seuns, Sjoerd, Adriaan en Beenke.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button