Get Up and Go-lede geniet die lewe saam
VANDERBIJLPARK. - Wat as 'n WhatsApp groep begin het, het gegroei en ontwikkel tot 'n heerlike kuiergroep wat mekaar en ander ondersteun.
Die ideel het ontstaan op 1 Februarie 2021 wortel geskied tydens IFM en cousin Rick se vroegoggend program: Get Up and Go.
Verskeie luisteraars het gereeld op die program ingeskakel en so boodskappe begin stuur aan mense wat ondersteuning nodig gehad het.
Soos ouma O’Reilly toe sy geval en haar knie beseer het.
“Ons het gereeld boodskappe gestuur en terugvoering ontvang,” vertel Johan Botes (stigter van die groep).

Hy het die groep gestig na Cousin Rick n Whatsapp groep voorsgestel het. So het die Get Up and Go Omgee Vriende groep ontstaan.
“Ons leuse is: Tot eer van God,” verduidelik Johan met trots.
Die groep het vinnig in getalle gegroei. Die groep het selfs betrokke geraak by IFM se sop-en-noedel-projek.
Daarna was die groep ook betrokke by ‘n Bybel-insamelings projek en kosinsameling vir We Care for You.
“Ons Hemelse Vader het ons gelei om meer te doen. Ons het by Pleeghuis Annette betrokke geraak. So het ons sowat vier maande terug vir Caleb ontmoet. Die gestremde seuntjie het dadelik ons harte gesteel. Ons harte is steeds bitter seer na Caleb (4) in ‘n fratsongeluk beseer en later oorlede is,” vertel Johan.
Maar dit vorm alles deel van die groep. Hulle is daar vir die goeie en hartseer tye waarby hulle betrokke is.
Die Get Up and Go Omgee Vriende is besig met nog uitreike en sien reeds uit na 2024 se nuwe uitdagings.




