Local newsNewsNews

Lekker verjaar Luna!

Luna het die afgelope jaar van lewende geraamte tot spogperd gevorder en hy het onlangs sy 21ste verjaardag gevier.

VEREENIGING. – Daar is Saterdag groot makietie gehou by die Be Our Guest diereplaas. Die ster van die plaas, Luna se 21ste verjaardag is gevier.

Luna se storie het hartsnare aangeraak toe hy in November 2022 ‘n nuwe tuiste by Yvette Wilde gevind het.

Hy was in daardie stadium nie in ‘n goeie kondisie nie en dit het maande geneem om hom weer vet, fiks en vrolik te kry. (Vaalweekblad het hom in Mei vanjaar besoek. Lees hier meer).

Vandag is Luna die prins op die plaas en hy weet dit. Sy aanneem-ma, Yvette sê die spogperd weeg nou al 595 kg en moet nog sowat 150 kg optel.

In die jaar wat hy by sy nuwe tuiste is, het hy groot vriende geraak met die donkies, skape, bokke en ander perde op die plaas.

Luna se blonde maanhare en stert is met ligblou strikkies getooi vir sy groot partytjie.

Luna geniet sy kos en wortels en hou daarvan as mense vir hom kom kuier. In die warm weer verkies hy dit om onder die waaier in sy stal te staan.

Met sy verjaardagpartytjie is sy maanhare en stert spoggerig met ligblou strikkies getooi en het hy dit geniet om die middelpunt van belangstelling te wees.

Yvette het almal bedank wat die afgelope jaar bygedra het met Luna se versorging, en steeds doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button