Local newsNewsNews

Kuns uit die boonste rakke

Die Vaaldriehoek het vele talentvolle kunstenaars. Dit is weer bewys by die Vereeniging Kunsvereniging se jaarlikse kunsuitstalling.

VEREENIGING. – Die Vereeniging Kunsvereniging het hul jaarlikse uitstalling op 25 November aangebied. Die geleentheid het ook gedien as ‘n prysuitdeling, daar is ‘n veiling op van die kunswerke gehou en lekker saamgekuier met die kleurryke skilderye in die agtergrond.

Marlene Wattenbach se besondere skildery is een van die wat by Midvaal Privaat Hospitaal vertoon word.

Die kunsvereniging bestaan al meer as vyf dekades en elke jaar is daar groot opgewondenheid om die uitstalling die lig te laat sien.

Hierdie jaar het die voorsitter, Mattie Joubert, ook ‘n reeks miniatuur Monets ten toon gestel. Elkeen is kunstig geskilder om van Monet se grootste werke uit te beeld kompleet met ‘n agtergrondstorie by.

Van die beste skilderye uit die uitstalling sal vir die volgende ses maande die gange van die Midvaal Privaat Hospitaal versier.

Die skilderye wat by die hospitaal vertoon word, word elke ses maande vervang en kan gekoop word.

Die kunsvereniging skenk 10% van die opbrengste aan die hospitaal se liefdadigheidsprojekte.

Alida Walker met een van haar skilderye wat by die hospitaal uitgestal word.

Besoekers en lede van die kunsvereniging het die middag terdeë geniet. Die kunsvereniging het die hoop uitgespreek dat meer mense in die toekoms hierdie uitstallings sal bywoon.

Van die besoekers en kunstenaars wat die Vereeniging Kunsvereniging se jaarlikse kunsuitstalling in Unitaspark bygewoon het.

“Hulle hoef nie die kunswerke te koop nie, maar ons wil kuns in die Vaaldriehoek lewendig hou, en dis altyd lekker as meer mense aan kwaliteit kunswerke blootgestel word,” het een van die vereniging se ouer lede, en self ‘n erkende skilder, Marlene Wattenbach gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button