Local newsNewsNews

‘n Fees van Kersfeesmarkte by Stonehaven on Vaal

Twee Sondae voor die Kersnaweek en elkeen bied 'n alsomvattende Kersmark gereël deur die Rotary Klub van Vanderbijlpark.

VANDERBIJLPARK. – Die eerste van die Rotary Klub van Vanderbijlpark se Kersmarkte vir 2023 het 26 November by Stonehaven on Vaal afgeskop.

Die kleurryke stalletjies het van vroeg die oggend besoekers getrek. Daar was alles en nog wat te koop van lekker wildsbiltong tot by geskenkies vir Kersfees.

Allison Coulson saam met Christa en Sean Pascoe by hul stalletjie gelaai met saailinge wat hul self gekweek het. Foto’s: Gerda Bruinette

Jackie van Waveren van die Vanderbijlpark Rotary Klub het gesê hulle is tevrede met die eerste Kersmark, asook die opvolg op 2 Desember.

“Ons het 35 uitstallers gehad en elkeen was anders. Hier was ook heelwat vir die kinders om te doen, van ‘n springkasteel tot by ‘n verfhoek.”

Die volgende mark vind 10 Desember plaas met die groot feesvieringe 17 Desember. Daar sal nie net ‘n Kersmark wees daardie laaste Sondag nie. Na wat verneem word sal twee Kersvaders besoek aflê, die een blykbaar op ski’s!

Jan en Hyden Horn op besoek aan die Kersmark. Foto: Gerda Bruinette

Die aand sal daar ‘n tradisionele, Kersliedere by Kerslig geleentheid wees waar almal saam kan sing. Toegang tot die markte en die Kersliedere-aand is gratis.

Kerse sal wel op 17 Desember te koop aangebied word teen R10 stuk. Die liedjies se woorde sal gratis verskaf word.

“Mense wat stalletjies wil bespreek, kan my gerus kontak by 084 326 5228. Dit kos slegs R100 per stalletjie en die geld sal gebruik word om ons Rotariër Klub se gemeenskapsprojekte vir 2024 te befonds,” het Jackie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button