Gesin van vyf verloor al hul besittings in brand
Du Bois-gesin van Vanderbijlpark woon in hul motorhuis terwyl hulle saam met helpers probeer om van die uitgebrande vertrekke weer bewoonbaar te maak.
Die Du Bois-gesin van Mikrostraat 12, Vanderbijlpark, het verlede Sondag (3 Desember) groot skade gely toe ‘n brand in hul huis ontstaan het en die hele woning binne vernietig is. Die oorsaak was vermoedelik ‘n elektriese fout.
Hulle het al hul kos, klere en ander besittings wat in die huis was, verloor. Die gesin van vyf woon tans in hul motorhuis terwyl hulle saam met helpers probeer om van die vertrekke in hul huis weer bewoonbaar te maak. Dit is egter ‘n stadige en duur proses. Enige skenking van materiaal soos plafonne, deure en kaste, matte en teëls sal baie waardeer word.
Helpers wat die gesin bystaan met herbouwerk, het ‘n voertuig en sleepwa om skenkings te kom haal, maar brandstof is ‘n uitdaging. Enigiemand wat ‘n geldelike bydrae vir kos of petrol wil maak, kan dit inbetaal by Capitec Bank, JN Verreynne, Rek no 1452951843, takkode 470010. (Verwysing: BRAND).
Die gesin bedank almal wat reeds die afgelope dae op verskillende maniere hulp verleen het. Dit word opreg waardeer.
‘n Woordvoerder van die gesin kan gekontak word by 076 554 8207, as daar iemand is wat reëligs vir ‘n spesiale aflewering of donasie wil tref.



