Local newsNewsNews

Welkom terug in die Vaal, mev. Viljoen

Ontmoet die HS Vaalpark se nuwe hoof. Lees meer...

VAALPARK. – Die Hoërskool Vaalpark het 1 Desember hul nuwe hoof met ope arms tydens ‘n spoggeleentheid verwelkom.

Mev. Magda Viljoen is oorspronklik van Meyerton waar sy aan die HS Dr. Malan gematrikuleer het.

Na skool het sy haar BSc-graad en Hoër Onderwys Diploma aan die voormalige PU vir CHO voltooi. Sy het haar onderwysloopbaan as fisiese wetenskap onderwyseres by die Highveld Park High School in Secunda begin.

Dit was in 1992. Agt jaar later het sy die onderwys tydelik verlaat met die geboorte van haar dogter.

Op daardie stadium was sy dosent by die VUT se satelliet kampus in Secunda. Teen 2006 was sy weer terug in die klaskamer, die keer by die HS Secunda.

Hier het sy as onderwyseres begin en uiteindelik as hoof klaargemaak. Secunda was vir lank huis, maar in 2022 het die VUT se satelliet kampus toegemaak en haar man is oorgeplaas na VUT in Vanderbijlpark.

Sy het dadelik begin uitkyk vir poste in die Vaaldriehoek en HS Vaalpark met sy unieke karakter het haar aangetrek.

“Ek volg die skool al baie lank op Facebook. Hier is ongelooflike potensiaal en baie talent. Ek hou daarvan dat hier nie net op akademie en sport gekonsentreer word nie, maar ook op kuns en kultuur.

“Die skool betree nou ‘n nuwe era, ‘n volgende hoofstuk en ek is bevoorreg om deel daarvan te wees,” sê sy.

Magda het besluit om Desember by die skool te begin sodat sy wanneer die skole in Januarie heropen, reeds al die stelsels onder die knie het en die personeel ken.

Vir haar is onderwys soos asemhaal. “Ek glo daaraan dat ons elke kind moet vorm en help sodat hul eendag ‘n volwaardige plek in die samelewing kan volstaan.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button