Local newsNewsNews

Valie vir SA 5s hokkiespan gekies

Hierdie jong hokkiespeler van die Vaal se droom om Suid-Afrika op die hokkieveld te verteenwoordig het aangebreek, maar sy sal dit net kan doen met ondersteuning uit die gemeenskap.

VANDERBIJLPARK. – “Ek het al baie teleurstellings gehad, maar ek het elke keer opgestaan en gesê: be so good that they can’t deny it.”

Dit is die woorde van Merlise Kock wat onlangs by die Suid Afrikaanse 5s vroue hokkiespan ingesluit is wat in January 2024 aan die Vroue Wêreldbeker gaan deelneem.

“Een van my grootste drome is om die wêreld se beste goalie te wees. Ek wil dit sommer al op ‘n jong ouderdom bereik,” sê Merlise.

Merlise vier in Desember haar 21ste verjaarsdag. Sy studeer tans BHSc sportafrigting en menslike bewegingkunde met sielkunde aan die Noordwes Universtiteit in Potchefstroom.

Die talentvolle Merlise Kock van Vanderbijlpark.

Hoewel sy baie opgewonde is om by die SA span ingesluit te wees, is daar egter die finansiële onkostes wat in haar pad staan.

Spelers wat by die span ingesluit word moet self hul koste betaal om aa die wêreld beker te gaan deelneem.

Die span sal op 20 Januarie van die OR Thabo Lughawe vertrek, waarna hulle van 24 tot 27 Januarie aan die toernooi sal deelmeem.

Die koste vir die vliegkaartjie en verblyf beloop sowat R83 000 wat bo enige gemiddelde huishouding se vuurmaakplek is.

Merlise speel reeds hokkie vandat sy drie jaar oud is. Sy het oor die jare die harde werk ingesit, maar steeds was dié talentvolle speler verbaas toe haar groot oomblik aanbreek.

“Toe ek die span haal kon ek dit nie glo nie. My tyd het uiteindlik gekom, maar ek besef die ekstra harde werk begin nou,” sê sy.

Sy is een van slegs twee NWU-spelers wat by die SA span ingesluit is.

Spanmaat Teshawn de la Rey van Johannesburg is die ander speler.

Merlise is ‘n kookwater doelwagter wat haar plek in die SA span verdien. Foto: Ludi Vogel

Merlise het as 14-jarige besluit dat sy die binneveld vir die doelkas wil verruil. Dit was ‘n goeie besluit want sy is skitterend en sonder vrees in hierdie posisie.

Sy het sedert daardie jaar telkens vir die Suid-Gauteng span as doelwagter uitgedra. Sy is ook na sy as eerstejaar vir NWU in 2021 begin speel het, in die Noord-Wes vroue span en on/21 span ingesluit.

Merllise het nog altyd ‘n voorliefde vir sport gehad en ook op die atletiekveld uitgeblik. As Valia-leerling het sy jaarlikse aan die Gauteng-atletiekbyeenkoms in die spiesgooi, diskus en gewigstoot deelgeneem.

Sy het ook sedert 2016 haar eie doelwagter-kliniek wat sy aanbied vir aspirant spelers. Sy het haar eerste kliniek by die Laerskool DF Malherbe in Vanderbijlpark aangebied, en bied nou ook klinieke in Potchefstroom aan.

“Ek stewe daarna om my passie vir hokkie aan ander oor te dra,” sê Merlilse.

Om fiks te bly ry sy elke dag vir sowat 45 min fiets en spandeer ook daagliks sowat twee ure in die gimnasium.

Soos die meeste jongmense is sy ook baie lief daarvoor om na musiek te luister en sy teken graag.

Indien daar plaaslike besighede of individue is wat Merlise kan help om op internasionale vlak haar land te kan verteenwoordig, sal dit hoog op prys gestel word.

Merlise kan by 079 5111 952 gekontak word.

Haar bankbesonderhede is:
JT Kock
Capitec rek no: 1711683866

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button