Local newsNewsNews

Ultimate Outlaws sluit jaar met rekordtal toeskouers af

VEREENIGING. - 'n Rekordgetal toeskouers is tydens die laaste byeenkoms van die jaar met vuurwarm-aksie én 'n vuurwerkvertoning by Ultimate Outlaws bederf. Volgens die organiseerders was dit die meeste toeskouers sedert Covid-19 sulke byeenkomste in 2020 gekniehalter het.

Dit wou voorkom of alle paaie op 2 Desember na die skougronde gelei het vir die laaste byeenkoms van die jaar.

Toeskouers moes herhaaldelik deur die loop van die aand gevra word om op te skuif en plek te maak op die pawiljoene.

Om die aand net so bietjie interessanter te maak was plaaslike Tik-Tok sensasie, Chuck Kaaswors van Vanderbijlpark, ook daar.

Hy het so bietjie sy spiere gebult en sy karate-stokkies (nunchaku sticks) geswaai en laat waai met die skoppe tot groot vermaak van toeskouers.

Na die optog om die baan was dit die renjaers se beurt om vir die vermaak te sorg.

Daar was meer as genoeg aksie in die onderskeie klasse en die Legends wat op uitnodiging op die ovaalbaan deelgeneem het, was die kersie op die (krismis) koek.

Die Legend-klas het op uitnodig op die ovaalbaan kom jaag. Hier is Johan Jooste in aksie.
Cyril Jacobs (jnr.) het algeheel tweede in die Legends-klas geëindig.

Die uitslae van die aand is:

Legends
1. Cyril Jacobs (snr.); 2. Cyril Jacobs (jnr.) en 3. Roelf du Plessis.

Ninja Migets
1. Liam Potgieter; 2. Alijandro Seiros en 3. Ronaldo Seiros.

StockRods
1. Wouter van Aardt; 2. Pedro Hand en 3. Ewald van Straaten.

1660cc
1. Melvin Fourie; 2. Alexander Thesner en 3. Johan du Plessis.

2L Hotrods
1. Gavin Botha; 2. Tokkos Joubert en 3. Riaan van Dyk.

Super Saloons
1. Tinus Smith; 2. Johan du Plessis en 3. Grant Fitzgerald.

Sprints
1. Stefan Fouche; 2. Izak Spies en 3. Johan Spies.

Junior Ontwikkeling
1. Matthys van der Merwe; 2. Keagan Hand en 3. Willie le Roux.

Nog van die aand se aksie. Foto’s: Elsje Vermeulen

Mevlin Fourie het die eerste plek behaal in die 1660cc klas.
Stefan Fouche was die man van die aand in die Sprints. Hier doen hy ‘n “victory lap” met die wenvlag.
Daar het ‘n heerlike Kersfees-atmosfeer geheers. Hier is Freda Stols en haar kleinkind, Wiané Deetlefs.
Johan Spies in aksie in die Sprints. Hy het algeheel derde geëidig in die klas.
Plaaslike Tik Tok-sensasie, Chuck Kaaswors, wys sy “moves”.
En sy spiere!
1660cc aksie. Alexsander Thesner en Johan du Plessis (nommer 16) het onderskeidlik die tweede en derde plekke behaal.
Tinus Smith met die wenvlag in die Super Saloons klas.
Soms verloop sake nie so glad nie. Freddie Raubenheimer op sy beskadigde renmotor word van die baan geneem.
Nog warm aksie in die Super Saloon klas.
Hansie Havenga van Vanderbijlpark op sy renmotor tydens die optog.
Aksie in die Junior Ontwikkeling klas.
Chané van Rensburg is een van die rose wat in aksie was.
Nog aksie in die 1660cc klas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button