Local newsNews

Geloftefeeste in die Vaaldriehoek

Geloftefeeste word hierdie naweek by verskeie plekke in die Vaaldriehoek aangebied.

Die Suikerbosrand-Geloftefees in Midvaal begin Saterdag, 16 Desember om 10:15 na die knal van die kanon.
‘n Terugblik en herbevestiging van die Gelofte sal dan gelei word deur dr. Hennie Botes. Kos en koeldrank sal te koop wees en gemmerbier sal gratis beskikbaar wees. Die Geloftefeesterrein is 8 km buite Heidelberg op die Meyertonpad. Die koördinate is -26.546714, 28.279697. Belangstellendes kan van 9 tot 17 Desember gratis op die terrein kom kampeer.
Nadere besonderhede is beskikbaar by Lemont Kriel (084 511 4759), Danie Trollip (082 322 1044) of Jakkie Jordaan (083 941 0286).

* Die Sasolburg Voortrekkers beplan om op 16 Desember ‘n Geloftediens op die dorp aan te bied. Dit sal die oggend vanaf 09:00 by Brillstraat 20, Sasolburg, gehou word. Die diens sal gelei word deur pastoor Adriaan de Beer. ‘n Vrywillige kollekte sal opgeneem word.
Kom kuier na die diens lekker saam waar tee en koffie beskikbaar sal wees. Bring asseblief u eie opvoustoele saam. Karwagdienste sal beskikbaar wees om na voertuie om te sien.
Navrae kan gerig word aan Alida van der Lingen by 082 774 9549.

* ‘n Geloftefees word ook op 16 Desember om 09:00 by Derde Kruis Gemeente op die hoek van Piet Retiefboulevard en Prinsloostraat, Vanderbijlpark, gehou. Alle belangstellendes is welkom om in die gesellige samesyn te kom deel.

* Die Volle Evangelie Kerk, Vanderbijlpark-Suid (Grasdakkerk) bied ook ‘n Geloftediens aan op Saterdag 16 Desember om 09:00 by De Beerstraat 2, SE2, Vanderbijlpark. Meer besonderhede is beskikbaar by pastoor Laura van Jaarsveld by 079 671 6763.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button