Local newsNews

Kersliedere en Kersmark dié Sondag by Stonehaven

Vanaf 18:00 gaan vrolike Kersmusiek langs die pragtige Kerstoneel op die walle van die rivier gespeel word, en vanaf 19:00 sal professionele sangers op die verhoog optree.

 

Die Rotaryklub van Vanderbijlpark beplan ‘n opbeurende Kersliedere by Kerslig-geleentheid by Stonehaven vir Sondag, 17 Desember.
Kom stap die voormiddag deur die Kersmark se talle stalletjies waar pragtige kuns- en huisvlytartikels te koop sal wees. Bring die hele gesin want daar gaan ook verskeie pret-aktiwiteite vir die kleingoed wees. Kersvader sal oud en jonk ook vermaak met ‘n ski-vertoning op die Vaalrivier!
Vanaf 18:00 gaan vrolike Kersmusiek langs die pragtige Kerstoneel op die walle van die rivier gespeel word, en vanaf 19:00 sal professionele sangers op die verhoog optree.
Soos elke jaar kan besoekers weer boodskappies aan afgestorwe geliefdes aan die Boom van Herinnering ophang.
Toegang is gratis, maar belangstellendes kan kerse en sangboekies teen R10 elk koop.
Uitstallers wat stalletjies by die Kersmark wil bespreek, kan Jackie van Waveren kontak by 084 326 5228. Die wins uit die geleentheid is ten bate van die Rotariërs se gemeenskapssprojekte vir 2024.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button