Local newsNewsNews

Dansreis propvol pret en plesier

Danceworx se dansers het onlangs 'n kleurvolle skouspel aangebied

VANDERBIJLPARK. – Met stringe goue medaljes om hul nekke het die dansers van Danceworx mens onwillekeurig laat terugdink aan die oordadige juweliersware wat Mr. T van die A-team in jare tagtig gedra het.

Elrine Kotzé en haar ‘A-team’ (Loraine Beukes en Caitlin Peach) het Saterdag in die Curro privaatskool se saal Danceworx se jaarlikse ‘Bigg Bragg’ aangebied.

Die dansers het ‘n vertoning gelewer wat die toeskouers op ‘n sensoriese avontuur van kleur en klank geneem het. Na die prysuitdeling aan die einde van die vertoning het die medaljes soos beesklokke weergalm terwyl die presteerder heen en weer oor die verhoog beweeg het.

Die Jive-dansgroep se voorbok spring in die lug.
Die Out Of Africa dansgroep het die ritme van Afrika na die partytjie gebring.
Black & White is dynamite! Barend Pieters stel sy danstalente ten toon.
Danelle Heath rank grasieus in die lug.
Die Jive-dansgroep se voorbok spring in die lug.
Onderste bo, agterste voor. Mariné Cronje en Clarissa Human besigtig die toeskouers vanuit ‘n ander perspektief.
‘n Danser rank hoog in die lug.
Die Super Heroes, Barend Pieters en Clarissa Human poseer op die verhoog.
Tamryn Lombard, Clarise Saayman en Danelle Heath in aksie.
n Groep dansers in aksie tydens die Grand Finale
Rek en strek.
Soepel se Moses! Kaylana Cronjé rek -en strek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button