Local newsNewsNews
Gimmies laat skoolskoene agter vir minderbevoorregtes
Minderbevoorregte skoliere sal die skoolskoene en klere ontvang.
VEREENIGING. – Matrikulante aan Vereeniging Gimnasium het op Vrydag 1 Desember 2023, nadat hulle hul laaste vraestel geskryf het, hul skoolskoene op ‘n tafel gelos sodat dit aan minderbevoorregte leerders geskenk kan word.
Tientalle pare skoene, sowel as skoolklere is op hierdie wyse ingesamel. Na raming is daar sowat 80 pare en 80 sakke met skoolklere ontvang.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
