Groot dag beplan ten bate van Wings for Life
Groot Kersmark en kuierdag hierdie Saterdag by Vaaloewer Estate buite Vanderbijlpark. Toegang is gratis.
VAALOEWER. – Wings for Life is ‘n skool vir kinders met outisme in Vanderbijlpark.
Hier is elke kind spesiaal en word daar met hope liefde, geduld en individuele aandag na hul behoeftes en ontwikkeling omgesien.
Die skool volg die Departement van Onderwys se kurrikulum en het tans 9 klasse, met ʼn tiende wat volgende jaar begin.

Van drie-jariges tot by graad 7’s het hier ʼn veilige omgewing in ʼn skool spesiaal ontwerp om hul te help om na die beste van hul vermoë te ontwikkel.
Alhoewel die skool ʼn staatsubsidie ontvang, is dit minimaal en is die skool afhanklik van donasies vir instandhouding en ander spesiale projekte.
Saterdag, 16 Desember word ʼn spesiale Kersmark met hope musiek, kos en pret by Vaaloewer gehou.
Alle fondse, van onder andere die lotjie-verkope sal aan Wings for Life oorhandig word.

Die verrigtinge begin om 09:00 en sal tot laat aanhou. Van die kunstenaars wat gaan optree sluit in Charles Rudd, Charles Shaw, Diane James, Susan Oelofse en Daniël James. Toegang is gratis.
