Local newsNewsNews

Jane wil ‘n verskil in lewens maak

Sy is 'n baie bedrywige en gedrewe vrou.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (1 Desember 2023) verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON. – Sy is ‘n tweemalige deelnemer aan die Mej. Suid-Afrika skoonheidskompetisie, het vanjaar aan die Miss Grand South Africa skoonheidskompetisie deelgeneem en is ook verlede jaar as ‘n tweede prinses in die Mej. Vaal skoonheidskompetisie gekroon.

Sy het ‘n agtergrond in maatskaplike werk, maar studeer tans deeltyds Regte aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA), sy werk by die Departement van Gesondheid, het ‘n stigting wat sanitêre doekies aan behoeftige meisies skenk en bedryf boonop haar eie logisiteke onderneming op die kantlyn.

Sy het in die kantore van DA-burgemeesters Bongani Baloyi en Peter Teixeira gewerk om ondervinding op te doen en asof dit nie genoeg is om jou kop te laat draai nie, is die besige Jane boonop betrokke by allerhande liefdadigheidsprojekte en inisiatiewe om mense te bemagtig.

Jane Erasmus gesels met Vaalweekblad. Foto: Christiaan Cloete

Die 25-jarige skoonheid van Riversdale is beslis nie net ‘n mooi gesiggie nie en ken duidelik ook nie van stilsit nie. Sy moet haarself gedurig uitdaag.

Maar wat dryf haar, wonder mense telkens as hulle hoor hoe besig hierdie jong dame is. “Ek glo God het my hier op aarde geplaas vir ‘n rede en dat hy my vir ‘n sekere doel wil gebruik,” vertel Jane.

Sy voel ook dat sy moet woeker met haar Godgegewe talente en dit ten volle benut. Sy benadruk ook hoe belangrik goeie tydsbestuur is as ‘n mens so besig is.

Dit is juis waarom sy nou ‘n ruskans van skoonheidskompetisies vat sodat sy op haar studies en ander meer belangrike dinge kan fokus. Jane, wat in Delmas in Mpumalanga gebore is en in Meyerton grootgeword het, vertel dat haar ouers in 2005 na die dorp verhuis het toe sy in gr. 1 was sodat sy na ‘n goeie skool kon gaan.

Die voormalige leerder van Laerskool Voorwaarts, wat aan Vereeniging Gimnasium (waar sy onderhoofmeise van die koshuisraad was*) gematrikuleer het, erken dat dit nie altyd maklik was nie.

Haar pa, die broodwinner van haar gesin, het op 49-jarige ouderdom in ‘n motorongeluk gesterf in die jaar wat sy met hoërskool begin het.

Jane se ma, ‘n huiswerker, moes gevoglik na haar en haar twee sussies (onderskeidelik 18 en 8) omsien en dit was nie maklik nie.

Jane vertel dat haar ma haar aangemoedig het om hard te leer en met harde werk het sy geseëvier en bo haar omstandighede uitgestyg.

Jane glo dat sy ‘n voorbeeld moet stel vir mense wat jonger as sy is en hoop dat hulle inspirasie uit haar storie kan put.

*Die skool betwis die feit dat sy onderhoofmeisie was.

Jane Erasmus. Foto: Andre du Toit
Jane Erasmus. Foto: Andre du Toit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button