Local newsNewsNews
Maak kinderharte bly hierdie Kersfees
Jy kan help om Kersfees 'n bietjie lekkerder vir die kinders van die CW-areas in Vanderbijlpark te maak. Lees meer...
VANDERBIJLPARK. – Saterdag, 23 Desember om 17:00 gaan daar lekkergoedpakkies vir kinders onder 16 in die veldjie by Ford/Cortstraat CW6 uitgedeel word.
Die organiseerders hoop om 1 000 lekkergoedpakkies uit te deel. Gert Cronjé het laat weet hul kan alreeds by die 700 pakkies opmaak, maar vra hulp vir die res van die pakkies.
Enige lekkergoed, chips pakkies en koeldrank kan by die volgende punte afgelaai word voor of op 20 Desember.
Plot 93 Roodia, Moseleystraat 27 CW 3, Fordstr 46 CW6 en Blokman Butchery. Vir meer inligting en indien donasies opgetel moet word kontak: Genni by 084 587 2015, George by 081 392 4131 of Adri by 062 479 3432.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
