VAAL MARINA. – Cornelius Rall, wenner van die heel eerste The Vaal Has Hills-natuurwedloop wat verlede jaar by Klipskuur op die plaas Rietfontein gehou is, het vanjaar vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar die 25km-wedloop gewen.
Die wedloop, wat deur die Vaal Atletiek Klub se Trail Run-afdeling, Die Klipspringers, aangebied word het op 2 Desember plaasgevind.
Rall het die uitdagende natuurwedloop met baie bulte en rowwe terrein in ‘n tyd van 02:47:14 kafgedraf.
Anja de Bruin, ‘n atleet van die Vaal Atletiek Klub, was die vrouewenner en het ook ‘n algehele tweede plek in ‘n tyd van 02:50:52 behaal.
Daar was ook wedlope oor 13km en 7.5km.



At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
