‘Verpleegberoep is nie meer dieselfde nie…’
'Ons was trotse engele met ons wit gestyfde uniforms,' onthou Elize Ehlers.
Is hedendaagse verpleegsters nog so toegewyd soos dié van dekades gelede? Lesers het onlangs ‘n lewendige debat oor dié onderwerp op Vaalweekblad se Facebook “Public Group” gevoer.
Na aanleiding daarvan deel oudverpleegster Elize Ehlers haar mening en haar herinneringe van haar dae in dié beroep:
Nee, in vandag se tyd het dinge verander. Ek sê altyd verpleging was ware verpleging toe ek nog verpleeg het.
Vandag wil hulle niks doen nie maar verwag een helse salaris.
Ek het begin verpleeg in 1975. My salaris was maar R220 per maand. En ons moes bewéég het in die hospitaal. Vandag verwag verpleegsters om die geld te kry maar die pasiënte moet self sien en kom klaar.
Kyk hoe gaan werk baie van hulle vandag… slordig! Ons was trotse engele met ons wit gestyfde uniforms, ons wit kappies en ons navy-blou mantels, met ons sykouse en bruin toerygskoene.
* Vaalweekblad glo daar is darem nog baie verpleegkundiges wie se werk vir hulle ‘n passie en roeping is. Ons salueer hulle soort! (Red.).

