Big Band Bash in Meyerton
Talentevolle jong sangers het die kans gekry om hul talent voor 'n gehoor ten toon te stel.
MEYERTON. – Big Band Bash het verlede jaar die lig gesien toe twee sangskole besluit het om ‘n prettige platvorm vir ekstra blootstelling aan hul studente te bied.
Verlede Saterdag was dit weer sulke tyd!
Love2Sing Vocal Training Centre in Meyerton is een van die betrokke twee skole.
Dié sentrum behoort aan die talentvolle Lea White wat reeds as kind gereeld in die Vaalweekblad verskyn het danksy haar sangtalent.
Die ander musiekskool, Happy Music, behoort aan Johan Le Roux en is ‘n instrumentale musiekskool.
“Die idee is dat ons studente moet pret hê terwyl hul ondervinding op die verhoog opdoen. Ek en Johan is so trots op ons studende ons kan bars,” vertel die spontane Lea.
Studente so jonk as 8 jaar, tot pensionarisse het verlede Saterdag hul kans op die Laerskool Voorwaarts in Meyerton se verhoog gehad, en dit was baie duidelik dat die studente dit baie geniet het.
Knap gedaan aan al die deelnemers.






