Local newsNewsNews

Dit was ‘n ‘six or a nix’ situasie

MEYERTON. - Die HPCA ses-aan-’n-kant toernooi vir hoërskole het vir lekker aksie gesorg.

Die toernooi was op Saterdag, 2 Desember  op HS Dr. Malan se velde beslis.

Dis ses spelers in ‘n span, ses boulbeurte om punte te maak.

Die spelers het in goeie gees deelgeneem, maar daar kan net een ‘n wenspan gekroon word.

Die Pirates het die Avengers in ‘n naelbyt-eindstryd met 15 lopies geklop om met die louere weg te stap.

Hier is ‘n paar aksie foto’s van die dag se spel.

Juan Stols van die Retired Champs word uitgeboul in die wedstryd teen die Avengers. Foto’s: Elsje Vermeulen
Dev Maisuriya stuur nog ‘n aflewering af.
‘n Veldwerker sit alles in in ‘n poging vir ‘n vangskoot. Dit was ongelukkig nie suksesvol nie.
O gaats, laat ek nael na die ander kant.
JJ Kruger sit alles in dié aflewering in die wedstryd tussen die Royal Challengers en die Western Warriors.
So lê jy die langsteel in.
Juan Stols van die Retired Champs gaan hier vir ‘n groot hou, maar die bal het hom geklop.
Dominic Tait verlaat die veld na hy sy deel met die kolf gedoen het.
Hier doen Dominic sy deel om ‘n grenshou te keer.
Nog ‘n paaltjie kantel.
‘n Retired Champs-bouler in aksie.
GP Venter van die Avengers stuur ‘n bal grens toe.
‘n Goeie poging om die bal te probeer vang … maar dis ‘n ses.
Altus Nel draai die krane oop.
Die spelers het in goeie geel deelgeneem aan die toernooi.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button