Local newsNews

Jeugland se seniors geniet ‘n Spur-bederf

Inwoners sowel as die hele personeelkorps van die Jeugland Tehuis vir Bejaardes in Vanderbijlpark is onlangs deur El Paso Spur, Silverado en Amigo Spur met 'n heerlike middagete, nagereg en bederfpakkie verras.

Mev. Katinka Nel, Jeugland Tehuis vir Bejaardes se bestuurder, bedank graag vir mev. Rita Beneke en haar Spur-personeel vir die ruim skenking en onvergeetlike middag.

Listie Strecker, Anna Lombaard en Denise Anderson was ook onder die Jeugland-inwoners wat die bederfdag by Spur bygewoon het.
Twee dorings onder die Jeugland-rose: Marius Jordaan en Hansie Pretorius.
Helena Stolz en Adam de Beer het die bederfmiddag ook behoorlik geniet.
Die Spur-takke het ook heerlike bederfpakke afgelewer vir Jeugland se personeel wat op diens moes bly en nie die uitstappie kon meemaak nie. Hier is Jane Nthoroane, Rosalia Mokete, Drika Minnie, Erika Herbst en Ana du Plessis.

Catherine Quiliso en Antoinette Calitz.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button