Local newsNewsNews

Herman na 113 dae steeds in ICU

VANDERBIJLPARK. - Dit is nou reeds 113 dae nadat Herman Putter ernstige brandwonde opgedoen het. Hy is steeds 35% aan 'n ventilator gekoppel.

“Dit gaan beter met my pa. Die veloorplanting-wonde herstel goed. Hy mag ook vloeistof drink en pap eet. Hy is nog 35% aan ‘n ventilator gekoppel,” vertel Bernadine Muller, Herman se dogter.
Dit was egter vanjaar ‘n Kersfees sonder hul geliefde pa by hulle.
“Hy veg daagliks teen infeksie, maar ons bid dat sy wonde sal herstel en dat hy geestelik die krag sy kry om positief te bly en aan te hou veg,” sê Bernadine.
Die Putter-gesin van CE4 se lewens het op 10 September 2023 in ‘n oogwink verander toe Herman ernstige brandwonde opgedoen het.
Klik op foto vir vollede berig kort na die fratsongeluk.
In kort, toe Daleen daardie Sondagoggend om die hoek van hul huis kom was Herman reeds in vlamme Herman se klere het aan die brand geraak en van sy lyf afgebrand nadat hy ‘n boks aan die brand wou steek.

Die brandspiritus en brandstof saam het ‘n groot vlam gemaak wat Herman se klere laat vlam vat het.

Daleen het vir ‘n wyle nie geweet wat om te doen nie, maar besef sy moet haar man help. Sy het toe sy hemp oopgeruk en vinnig van sy lyf af gekry.

Herman is by Cormed-hospitaal in Vanderbijlpark opgeneem waar hy dadelik pynmedikasie gekry het en sy wonde in plastiek toegedraai is.

Die Putter-gesin verlede Kersfees 2022. Hierdie Kersfees was Herman nie tuis nie maar in die hospitaal.

Hy is kort daarna na die Netcare Alberton-hospitaal oorgeplaas omdat hulle ‘n goeie brandeenheid het.

Daar is Herman dadelik teater toe geneem om sy wonde te behandel. Sy wonde is daarna elke derde dag in die teater skoongemaak om vas te stel of daar met ‘n veloorplanting begin kan word.

Die gesin het steeds die gemeenskap se hulp nodig om hul by te staan met die medise onkostes.

“Ons moet steeds onkoste vir Ampath, die chirurg, x-strale, fisio, dieetkundige, spraakterapie, dialise, bloed, hospitaal ens. dek. Ons kan dit nie alleen bybring nie,” sê Bernadine.

“Ons is gelowige mense en ons weet dat daar baie mense is wat saam met ons bid. Ons weet die pad vorentoe gaan nie maklik wees nie, maar gebed maak dit makliker. Ons is dankbaar vir enige hulp,” sê Daleen.

Daar is ‘n fonds gestig en mense wat ‘n bydrae wil maak kan die QR-kode skandeer.

Enige bydrae groot of klein sal opreg waardeer word.

of klik op Herman se foto hieronder

BackaBuddy skakel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button