Local newsNewsNews

MS-lyer vorder goed na groot val

Ons is bly saam met Rozaan dat dit al soveel beter gaan. Sy is 'n inspirasie vir oud en jonk.

SASOLBURG. – Die Vaaldriehoek se Rozaan Steyn is bekend as die MS-lyer wat hoop bring.

Sewe weke gelede het sy tydens die Summer Race geval en haar linkerpols sleg gebreek en moes sy ʼn noodoperasie ondergaan om plate en skroewe in te sit.

“Ek was banger vir die operasie en dat ek die gebruik van my hand gaan verloor as vir MS”, het sy ʼn paar weke gelede aan Vaalweekblad gesê.

“Ek’t ma baie gesukkel en gewonder hoe gaan die pad wees na my operasie, fisio sessies en doktersbesoeke? Hoe gaan ek MS-lyers bemoedig en staptogte aanpak?”

28 Desember kon sy die goeie nuus deel dat die mediesespan tevrede is met haar vordering en dat sy die lastige stut nog net een week hoef te dra.

“My hart is baie dankbaar ek het al so ver gekom, al werk my hand nog nie so mooi saam nie en MS met sy uitdagings, weet ek dat 2024 gaan ek weer my doelwitte bereik en my MS maats hoop gee.

“Baie dankie vir elke gebed, boodskap en oproep ,” het sy op haar facebookblad laat weet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button