Local newsNewsNews

Pasop vir kamma Helpende Hand ‘donasies’

Solidariteit Helpende Hand het 'n waarskuwing uitgereik nadat bevind is dat 'n vrou onder Helpende Hand en selfs Vaalweekblad se naam vra vir lenings en borgskappe. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Solidariteit Helpende Hand doen ‘n beroep op die publiek om te alle tye versigtig te wees vir moontlike bedrog met betrekking tot donasies en borgskappe deur mense wat hulle as Helpende Hand voordoen.

“Ons het onlangse twee berigte ontvang van individue wat probeer om mense en instellings te mislei deur valse beloftes van hulp en ondersteuning,” sê Mariëtte Van de Werken, streeksorganiseerder van die Wes-Rand en Vaaldriehoek.

“Een van die gevalle behels ‘n persoon wat haar voorgedoen het as ‘n ‘Elsje van Vaalweekbald’.

Sy het beweer dat sy en Solidariteit Helpende Hand betrokke is by die opstel van ‘n veiligheidstelsel by ‘n kleuterskool en dringend R3 000 benodig. Sy het belowe om die geld binne ‘n kort tydperk terug te betaal, maar daar is geen opvolg op haar verbintenis nie.”

(Vaalweekblad weet ook nie van enige so ‘n projek of lening nie.)

‘n Tweede geval betref ‘n persoon met die naam “Elizabeth” ʼn instansie genader wat opsoek is na borge vir hulle country-fees.

Sy het beweer dat sy in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ‘n borgskapprogram aanbied waarin sy instansies vra om R7 500 te betaal vir registrasie by Helpende Hand.

Dit sou dan die weg oopmaak vir donasies van Old Mutual vir ‘n country-fees wat op 16 Desember gehou sou word. Gelukkig het die eienaar van die tehuis onraad vermoed en nie die geld oorbetaal nie.

Van de Werken versoek dat individue en instellings uiterste sorg uitoefen wanneer hulle betrokke raak by finansiële transaksies en om enige verdagte sake dadelik te rapporteer.

“Indien daar navrae is oor die geldigheid van projekte of die korrektheid van finansiële versoek, kontak asseblief ons kantoor direk.

“Onthou, gemeenskappe floreer deur samewerking, maar dit is noodsaaklik om waaksaam te wees en ons instellings en individue te beskerm teen moontlike bedrog.”

Die publiek kan Van de Werken by 071 548 8013 kontak as hulle die geldigheid van enige Helpende Hand projek wil bevestig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button