NewsNews

Inwoners van Lewenskruispaaie met braai bederf

Inwoners van die skuiling vir behoeftige mense is op die laaste dag van 2023 bederf.

VEREENIGING. – ‘n Groep barhartige Samaritane onder leiding van Okkie Jooste het op Oujaarsdag (31 Desember 2023) die ongeveer 75 inwoners van die Lewenskruispaaie Sorgsentrum by Buyscelia-kleinhoewes in Meyerton met ‘n braai bederf.

Die sentrum by Kleinhoewe 90 in Buyscelia bied blyplek aan hawelose mense van alle ouderdomme.

Die inwoners van die sorgsentrum produseer wat hulle kan en ruil dan die surplus vir ander produkte wat hulle nie het nie.

Jooste, wat die projek in samewerking met mede-vrywilligers, Llewellyn Petersen, Frans Harding, Melinda Jooste en Robbie Reid aangepak het, sê plaaslike sakelui het die kos, braaihout en ander toebehore geskenk.

Okkie Jooste en vrywilligers by die Lewenskruispaaie Sorgsentrum waar hulle die inwoners met n braai bederf het. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button