Local newsNewsNews

Stap saam met die MS-Warriors

Begin die jaar op 'n goeie noot. Kom stap saam by die Emerald op 27 Januarie. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Veelvuldige sklerose (MS) is ‘n lelike siekte. Elkeen wat daarmee gediagnoseer word, stap ‘n lang en moeisame pad. Maar, dit hoef nie alleen gestap te word nie.

Rozaan Steyn, self ‘n MS-lyer doen al vir die afgelope paar jaar staptogte om bewusmaking vir MS te skep.

Rozaan sê almal is welkom om saam te stap. “Bring jou stapkierie, rolstoel, loopraam. Ons doen dit saam so op ons eie pas.”

Die MS-Warriors in die Vaaldriehoek staan saam, stap saam en dra mekaar op die kronkelpad-siekte.

Langs die pad het hul al verskeie van hul mede-Warriors verloor aan die genadelose siekte.

Ter herinnering aan MS-lyers wat die laaste brug oor is, het Rozaan besluit om ‘n MS-stap-oggend te organiseer.

Alle Ms-lyers, vriende, familie en almal wat wil help om bewusmaking te skep, kom 27 Januare om 07:00 by die Emerald Resort & Casino se parkeerarea bymekaar.

Hier sal Rozaan gesels oor die siekte, daar sal ‘n minuut van stilte wees en na gebed gaan almal saamstap.

“3 km”, het Rozaan laat weet. Alhoewel, in 2022 het die 3km meer as 7km geword, maar ons hoop vir die beste.

Toegang is gratis. Onthou net om gemaklike skoene aan te trek en dan ‘n oranje hemp of strikkie te dra.

Oranje is die amptelike kleur wêreldwyd wat bewusmaking vir MS skep.

Spoor almal aan en kom stap saam. Hierdie is nie ‘n resies nie. Die MS-lyers gaan die tog met hul rystoele en stapkieries rus-rus aanpak.

Kom deel in die saamlag en gesels en kry sommer bietjie oefening in die vars lug in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button