ELM inwoners – belangrike nommers om te hê
Klik op die skakel vir die nommers waar krag - en water probleme gerapporteer kan word.
EMFULENI. – Wanneer daar ʼn probleem met krag of water opduik kan mens soms in die war wees oor waar om dit aan te meld.
Alhoewel daar verskeie WhatsApp gemeenskapsgroepe is waar mense dit kan rapporteer, help dit ook om self die nommers te hê.
Om ʼn probleem aangaande ʼn waterlek of met elektrisiteit te rapporteer is die beste om ʼn WhatsApp na ELM se Control Room te stuur. Die nommer is 065 871 7483.
Die inligting moet in ʼn spesifieke formaat in Engels aangestuur word. Die formaat is:
Name:
Contact number: 0832867717
Address:
CW 1
Meter Nr: In case of a prepaid meter, just write prepaid.
Acc Nr:
Complaint: Very short description of the problem, e.g power off since last night, at 22:00.
Maak seker om meegaande nommers op u selfoon te stoor.

