Geliefde prof. Christo van Wyk sterf na siekbed
Sy gedenkdiens word Saterdag, 13 Januarie, gehou.
VANDERBIJLPARK. – Vaalweekblad het met hartseer verneem dat prof Christo van Wyk, wat dekades lank aan die Noordwes-Universiteit verbonde was, Vrydag in die ouderdom van 72 oorlede is.
Volgens sy vrou, Marietta, is hy op 4 Desember verlede jaar met chroniese myelomonositiese leukemie, ‘n skaars vorm van bloedkanker, in die hospitaal opgeneem.
Hy is Vrydag, 5 Januarie oorlede.
In sy werksjare as dosent was prof. Christo bekend as ‘n spesialis op die gebied van Arbeidsverhoudinge en die bestuur daarvan. Hy het die afgelope dekades duisende studente vir loopbane op dié terrein voorberei.
Sy gedenkdiens word Saterdag, 13 Januarie om 12:00 by die NG Gemeente Vaalrivier (Northdene-kleinhoewes, Vanderbijlpark) gehou. Almal wat graag hul laaste eer wil kom betoon, word versoek om hul teenwoordigheid asseblief te bevestig by Mariette (082 354 4422) of Chrismar (072 626 1310) vir die nodige reëlings. * Vaalweekblad sal later die week ‘n volledige berig oor dié bekende en geliefde akademikus plaas.
