Local newsNewsNews
HS Overvaal se ‘kragtige’ opgradering
VEREENIGING. - Beurtkrag gaan die HS Overvaal nie hierdie jaar onderkry nie.
Die HS Overvaal het die afgelope vakansie nie net gebruik om te rus nie, hulle is nou gereed en gerat vir beurtkrag.
Die skool spog met ‘n nuwe sonkragstelsel wat skrik vir min.
“Dié stelsel sal verseker dat onderrig nooit onderbreek word nie en dat elke Valie-leerder net die beste akademiese onderrig sal beleef,” sê die skool op sy Facebookblad.
Knap gedaan HS Overvaal, ons wens julle baie geluk met die puik opgradering – Vaalweekblad.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
