Local newsNewsNews

Dis ‘n lekker gebad en borsel by Vaalpets

Die Vlooi En Bosluis Taxi (Mobile Doggy Grooming Service) se jaarlikse Doggy Wash-projek by Vaalpets is volstoom aan die gang. Kyk hoe geniet die viervoet "inwoners" dit.

Elke Januarie begin Die Vlooi En Bosluis Taxi die jaar met dié liefdadigheids-projek by Vaalpets. Hulle doen dit reeds sedert 2019.

Irene Britz (eienaar), haar man Christoff en die res van hul span vir die projeik (Jessica Taylor, Geraldine Eckley en Mieta Nelson) het Maandag met die projek afgeskop.

Hulle sal hierdie week so net onder die 300 honde bad, dip en borsel.

Christoff Britz borsel een van die honde (wat dit duidelik baie geniet). Foto’s: Elsje Vermeulen
Haar ogies gaan sommer toe van die lekkerky.

Vaalweekblad het Maandag gaan inloer en dit was duidelik dat die honde die lekker bederf sommer baie geniet.

Party se oë het toegegaan van lekkerkry, terwyl ander lekker verspot rondgehardloop het na die bad.

In kort, as jy lief is vir diere sou jou hart warm geklop het.

Dit sal hoog op prys gestel word as inwoners die projek wil ondersteun deur R20 per hond te borg.

“Ons vra diereliefhebbers om hul harte oop te maak vir ‘n goeie doel. Die fondse wat ons invorder word net so gebruik om kos vir Vaalpets te koop. Maar jy hoef nie net geld te gee nie, enige ander donanies soos kos is ook welkom,” sê Irene.

Hulle bedank almal wat reeds die projek ondersteun.

Belangstellendes wat meer wil weet oor die projek, of ‘n bydrae wil maak kan Irene by 084 455 2147 kontak.

Bankbesonderhede vir ‘n geldelike bydrae tot die projek is:

Vaalpets doggy wash 2024

Capitec  

Rekening nommer: 1595494543

Takkode: 470010

Irene Britz, eienaar van Vlooi en Bosluis Taxi (regs) en Jessica Taylor.
Die fondse wat deur die projek gegenereer word, word gebruik om kos vir die honde te koop.
Geoffrey Kajoma van Vaalpets bring nog ‘n hond nader vir ‘n lekker bad.
Dis jou beurt! Jessica Taylor tel nog ‘n hond met sorg in die mobiele bad.
Dis nou ‘n lekker skoon begin vir 2024.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button