SHS en Overvaal deel van Kovsies Smash T20
Hou gerus Hoërskool Fichardtpark se facebookblad dop vir al die nuus en aksie van die eerste Kovsies Smash T20.
BLOEMFONTEIN. – Sasolburg Hoërskool/High School (SHS) se eerste krieketspan het 8 Januarie na Bloemfontein vertrek vir die eerste Kovsies Smash T20 toernooi.
Hulle gaan teen 15 ander spanne by die Hoërskool Fichardtpark deelneem tot 11 Januarie. Daar is vier trofees op die spel.
SHS en HS Overvaal is die enigste skole in die Vaaldriehoek wat aan hierdie besonderse toernooi deelneem.
Van die ander skole wat die sesse gaan laat reën sluit in HS Jim Fouché, HTS Middelburg, Hoërskool Oos-Moot, HS Wesvalia, HS Middelburg, HS Kalahari, HS Despatch en HS Pietersburg.
Ses van die agt velde se wedstryde gaan lewendig uitgesaai word. Skakels na hierdie wedstryde sal elke dag op Hoërskool Fichardtpark se sosiale media blaaie geplaas word.
