Local newsNewsNews

Solar – moenie jou vingers (of huis) brand nie

Wees versigtig om nie ingeloop te word wanneer jy solar installeer nie. Vaalweekblad het met 'n kenner gaan gesels. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Met al die beurtkrag in die land is dit te verstane dat al hoe meer mense hul na solarpanele wend.

Alhoewel, dit ‘n duur uitstappie is om te installeer, spaar mense op die lang duur geld en haal dit die ongerief uit beurtkrag.

Maar, en dis ‘n groot maar, agter die wonder van sonkrag skuil daar ook gevaar.

Mnr Rudi de Klerk het einde 2023 die Electrical Contractors’ Association se presidensiële toekenning ontvang vir Solarplaas van die jaar.

Volgens Mnr. Rudi de Klerk, meester elektrisiën en solar-inspekteur, lê die grootste probleem by mense wat installasies doen sonder dat hul gekwalifiseer is daarvoor of geregistreer is by die Departement van Arbeid.

Hy sê hy kry al hoe meer met gevalle te doen waar brande ontstaan het omdat die panele verkeerd geïnstalleer is.

Van die probleme wat ondervind word is panele wat direk op die dak geplaas word, sonder die 100mm spasie vir ventilasie, kabels wat gebuig is en kabels wat onbeskermd op die dak lê.

Verder word die verkeerde dikte aard kabels gebruik, dit moet ʼn minimum van 6mm wees. Die invertors en batterye word nie reg ge-aard nie en daar word nie ʼn aard massa toets gedoen nie.

Die sertifikaat wat bewys dat die installasies aan alle vereistes voldoen (COC) word ook baie maal of deur ongeregistreerde elektrisiëns ingevul of deur elektrisiëns wat nie die nodige volledige inspeksie gedoen het nie.

Volgens De Klerk moet ʼn geregistreerde kontrakteur ten alle tye toesig hou tydens die installasie-proses. Werkers kan dus nie net afgelaai word nie.

Wanneer sonpanele direk op die dak geplaas word, sonder ‘n ventelasie gaping

“Die publiek is tans oningelig oor wat solar-installasies alles behels en wat gedoen moet word ten einde die veiligheid van hul toerusting en huise te verseker.

“Die eerste wat iemand moet doen is om seker te maak dat die kontrakteur geregistreer is by die Departement van Arbeid.

“Onthou dat so ʼn registrasie slegs vir ʼn jaar, soms vir drie jaar geldig is, maak dus seker om die registrasie na te gaan vooraf,” is De Klerk se raad.

Volgens hom moet mense ook onthou om hul toerusting te beskerm. Dis daarom belangrik dat enige solar installasie ʼn stroombreker (circuit breaker) moet hê om te keer dat daar nie oorverhitting plaasvind nie.

Huiseienaars moet ook seker maak van hul versekeringsmaatskappy se vereistes rondom sonpanele.

“Ek het al gesien hoe mense duisende rande se skade kry weens brande wat ontstaan het en die verskering wat dan nie uitbetaal nie, omdat die solarsisteem nie reg geïnstalleer was en/of alle regulasies nie nagekom is nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button