Local newsNewsNews

Honde wat regtig omgee

Honde op 'n missie om bietjie vreudge in pasiënte se lewens te bring. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Cody is ‘n White Swiss Shepherd nes sy jonger boetie Quinn. Hulle is hul ma, Erna van Niekerk, se trots.

Die twee honde het vir jare diens gedoen as terapie-honde waar hul by pasiënte in die hospitaal, Siesta versorgingsoord en by ‘n kinderhawe gaan kuier het.

Cody was vir 11 jaar op sy pos om met sy groot hart, blink oë en sagte pels liefde, vertroosting en ‘n gevoel van sekuriteit aan honderde pasiënte en kinders te bring.

Quinn en Danté vorm ‘n goeie span en lê gereeld saam besoeke af.

Nou het hy amptelik afgetree, maar Quinn gaan voort met die familie-tradisie. “Dis nou tyd vir Cody om rustig te wees en sy oudag te geniet,” sê Erna.

Die twee honde-broers is deel van Paws for You Therapy se Vaaldriehoekeenheid. Volgens Erna is die groep al sowat 15 jaar aan die gang. Tans is daar vier hondehanteerders en hul viervoetiges wat deel is van die groep in Vanderbijlpark.

“Ons vat die honde net elke tweede Sondag en wissel die plekke af. Ons doen nooit langer as ‘n uur besoek met hulle nie. Ons moet na ons honde se welstand ook omsien en dit tap hul energie om die pasiënte te besoek.”

Drie van die Vaal se Paws for You Therapy spanne. Van links is Marina da Conceicao met Kalila, Erna van Niekerk met Quinn en Jeanine Turner met Danté.

Erna sê die hanteerders geniet die besoeke net so baie soos die honde. “Dis ons manier om gemeenskapsdiens te doen. Dis lekker om te sien hoe die gesigte van die bejaardes by die versorgingsoord en die pasiënte by Midvaal ophelder as die honde inkom.”

Sy onthou ‘n geval waar ‘n jong seun van ongeveer 12/13 jaar ‘n hartoperasie gehad het. “Hy was baie depressief en die ICUpersoneel het gevra ons moet die honde by hom invat. Sjoe, sy gemoed het soos handomkeer verander.”

‘n Ander keer was daar ‘n tannie met Alzheimer se siekte in die versorgingsoord. Sy het die oggend aanmekaar geskreeu, totdat hulle die honde na haar gebring het. Binne vyf minute was sy rustig en het sy selfs geglimlag.

Erna sê hul honde gaan gereeld na Paws for You Therapy se hoofkantoor vir assessering en dan het hul ook elke week klasse waar hul die honde toertjies leer en hul sosialisering opskerp.

Die honde besoek ook Vaal Mall waar hul situasie opleiding doen. “Honde van alle ouderdomme en rasse kan terapie-honde word, hul moet net die regte temperament toon en goed met ander diere en mense oor die weg kan kom.

“Dit help natuurlik as hul van babadae af aan opleiding en sosialisering blootgestel word,” sê Erna.

Meer inligting oor Paws for You Therapy is besikbaar op die facebookblad paws4u therapy of stuur ‘n e-pos na eileen. calvert1@absamail.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button