Uit my pen – die week in die Vaalweekblad
Die Vaalweekblad is te koop in Midvaal, Vereeniging, Sasolburg, Vaalpark en Vanderbijlpark.
Die eerste uitgawe van die Vaalweekblad is weer van 12 Januarie op die rak. Beskikbaar by die meeste vulstasies en groot winkels in die Vaaldriehoek.
In die week se uitgawe is daar ‘n verskeidenheid van artikels om te lees en pryse om te wen in die blokraai.
Ons kuier aan’t huis by twee Valies wat dieaurora borealis (noordelike ligte) in Ysland gaan soek het.
Maak kennis met Colin en Quinn, twee honde-broers wat deel is van die Vaaldriehoek se honde-terapie groep wat gereeld pasiënte besoek en in my rubriek, Ek sê maar net, sukkel ek met ʼn sambreel en ʼn tekort aan elektrisiteit.
Geniet ook die fotoblad en die sportblaaie. Dan is daar natuurlik ook al die ander nuusgebeure. Onthou om jou Vaalweekblad sommer nou te gaan koop!
