Local newsNewsNews

Krieket-knapies wys hul slag

MEYERTON. - Die High Performance Cricket Academy (HPCA) se 8-aan-‘n-kant kriekettoernooi is op 6 en 7 Januarie op die Hoërskool Dr. Malan se velde gehou en die jong spelers het dit sommer baie geniet.

In die o.11 toernooi het South Side van Alberton as die wenspan uit die stryd getree, terwyl Infinity in die o.14 toernooi koning gekraai het.

Die o.11-eindstryd tussen South Side (SS) en Howzat was ‘n naelbyter. South Side het die wenlopies van die laaste aflewering aangeteken.

Volledige berig in hierdie week se Vaalweekblad (12 Januarie).

Hier is aksie tydens die o.11 kragmetings. Foto’s: Elsje Vermeulen

Bhavya Maisuria van die Knights van Meyerton word uitgeboul.
Die jong mannetjies het vir boulwerk uit die boonste rakke gesorg.
Rudie Bruwer van Howzat, stuur die bal oor die veldwerkers van South Side se koppe.
Paaltjiewagter Matthew van die Magnificent Eight vra die vraag in die wedstryd teen die Knights.
Nathan van Niekerk van die Magnificent Eight verloor sy kolf in sy poging om nie deur Raymond Pretorius uitgehardloop te word nie. Hy was gelukkig veilig tuis.
Hy is egter kort daarna deur die bal geklop! Nathan kyk terug om te sien hy is uitgeboul.
‘n Veldwerker sit alles in om die lopies te probeer keer.
Die speler kom lekker agter die bal in met die hoop om die bal grens toe te stuur.
Markus van den Berg trek sierlik deur die
lug in sy boulbeurt teen South Side.
Daar was ook ‘n roos tussen die dorings in die o/11 toernooi.
Soms het die kolwers die oorhand geniet.
En soms het die boulers die oorhand gehad – nog ‘n paaltjie kantel.
Sportmansgees is in enige sport belangrik. Die spelers het na afloop van elke wedstryd bladgeskud.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button