Local newsNewsNews

Word deel van Jeug Uitruilprogram van Rotariërs

Inligtingsaand oor Rotary Internasionaal se Jeuguitruilprogram hierdie Donderdagaand. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark bied Donderdag, 18 Januarie ‘n inligtingsaand aan vir voornemende uitruilstudente. Die verrigtinge skop om 18:00 af by Stonehaven On Vaal.

Kontak Zander by 067 054 7146 vir meer inligting.

Rotary bied wêreldwyd aan jongmense tussen 15 en 17 jaar die geleentheid om op korttermyn (ses weke) of langtermyn (een jaar) in ʼn ander land te gaan woon.

Die lande waar Suid-Afrikaners kan gaan sluit Argentinië, Duitsland, Oostendryk, België, Denemarke, Frankry, Indië en Nederland in.

Die uitruilprogram bied aan jongmense die geleentheid om meer van ander lande en kulture te leer, nuwe tale te bemeester en hul horisonne te verbreed.

Elke uitruilstudent word by gasteouers geplaas in die ander land waar hul deel word van die daaglikse doen en late en selfs die geleentheid kry om daar skool te gaan vir die tydperk wat hul oorsee is.

Xander Faurie gaan meer oor sy avonture en verblyf in Italië deel Donderdagaand.

Donderdagaand gaan een van die Vaal se studente, Xander Faurie, wat onlangs van Italië teruggekeer het, meer van sy wedervaringe vertel, terwyl ʼn student van Argentinië wat tans in die Vaaldriehoek is ook haar avonture so ver gaan deel.

Daar sal ook meer inligting verskaf word oor presies hoe die program werk, die kostes daaraan verbonde en wat dit alles behels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button