Local newsNewsNews

Die ADK se trots

By die ADK word daar gewoeker met talente en harde werk word beloon. Lees meer...

VANDERBIJLPARK. – Die Akademie vir Dramakuns het Saterdag, 13 Januarie ʼn spesiale oorhandigingsplegtigheid gehou.

By die geleentheid het sewe student hul Professionele Sertifikaat in Drama na drie jaar se harde werk verwerf.

Francisca van der Merwe, direkteur ADK, het gesê sy is baie trots op die studente wat soveel deursettingsvermoë, groei en passie oor die afgelope drie jaar getoon het.

Al sewe gaan hul nuwe kwalifikasies inspan, met drie wat dramaklasse gaan begin gee die jaar en drie ander wat reeds begin het met oudisies in die bedryf.

Die spesiale produksie vir hoërskole handel oor pronografie en mensehandel. Foto’s verskaf

Tharien Oosthuizen is tans betrokke by ʼn projek van die ADK in samewerking met Krugerlaan se uitreikprogram vanaf die Departement van Onderwys.

Sy is een van die hoofrolspelers in die drama, Same as everyone, wat handel oor pronografie en mensehandel. Die produksie word elke tweede Vrydag by drie skole opgevoer.

Vir meer inligting oor die ADK, besoek gerus hul facebookblad, ADK – Akademie vir Dramakuns.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button