Fotograwe bereik nuwe hoogtes
Vaalweekblad deel met trots nog 'n fotoblad wat danksy die fotograwe moontlik gemaak is. Dit is duidelik dat die fotograwe hul beywer om voortdurend nuwe hoogtes te bereik.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om met hul foto’s te spog.
Die fotograwe (gewapen met kamera of selfoonkamera) laai deurlopend hul foto’s op die Facebookblad: Elsje’s Choice on Photos.
Enige fotograaf of aspirant fotograaf kan deel word van die groep.
Let asb. daarop dat foto’s in fokus en goed belig moet wees. Die idee is om na goeie kwaliteit foto’s te strewe. KWALITEIT in plaas van kwantiteit asb.
Van die foto’s word dan in ‘n weeklikse foto versameling op Vaalweekblad se webtuiste gepubliseer.
Daaruit word die top foto’s van die week gekies om in die gedrukte Vaalweekblad te verskyn.
Fotoblad 178 verskyn die week in Vaalweekblad (Vrydag, 19 Januarie).







































































































