Local newsNewsNews

Man verkies selfdood bo arrestasie

Lede van die plaaslike SAPD en verbygangers was geskok toe 'n man se arrestasie in tragedie geëindig het.

Die SAPD was glo reeds vir ‘n wyle op die spoor van ‘n verdagte, mnr. Johan Moller, insake uitstaande lasbriewe en verskeie bedrogsake teen hom.

Na wat verneem word was hy woonagtig op ‘n kleinhoewe in die Barrage-gebied. Hy het egter verdwyn nadat dit aan die lig gekom het dat die SAPD op sy spoor was.

Hy het glo alles by sy woning op die kleinhoewe net so gelos en ‘n ander skuilplek gevind.

‘n Kamerastelsel wat deur privaat maatskappye gebruik word, het egter Vrydag, 12 Januarie sy voertuig op die R42 bespeur en die polisie in kennis gestel.

Lede van die SAPD se K9 (honde eenheide) het hulp verleen om die verdagte omstreeks 14:50 vas te trek op die R42 naby die Potchefstroom afrit (R553).

Moller was glo op sy foon besig toe hy afgetrek is.

Hy was volgens inligting wat ontvang is rustig en het hom nie verset nie. Hy is deur die polisielede gearresteer en geboei.

Hy het egter kort daarna met geweld losgeruk en doelbewus voor die wiele van ‘n aankomende swaarvoertuig ingespring. Die voorval is op videokamera vasgevang.

Hy is op die toneel dood verklaar.

Die gebeure tydens Moller se arrestasie is op kamera (dash cam) vasgevang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button