Local newsNews

Nomineer jou gunsteling sakeondernemings in die Vaal!

Die publiek word genooi om aan te sluit by hierdie positiewe projek om erkenning aan uitblinker-sakelui te gee.

 

Vaaldriehoekse sakelui speel ‘n deurslaggewende rol om werk te skep en die gebied se ekonomiese wiele aan die rol te hou.
MooiVaal Media wil graag erkenning gee aan plaaslike besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering ‘n goeie naam in die Vaal opgebou het – hetsy dit koffiewinkels, voertuigondernemings, juweliermakers, eiendomsagentskappe of enige ander tipe private onderneming is.
Om dié rede loods MooiVaal Media nou ‘n projek, “Best of Vaal – Readers’ Choice”, waar ons die publiek vra om hul gunsteling ondernemings in die Vaaldriehoek te nomineer. Dit is sakeplekke waar kliënte diens van uitsonderlike hoë gehalte ontvang, en wat na hul mening ‘n spesiale pluimpie verdien.
Kom word deel van hierdie positiewe dryfkrag en nomineer jou gunstelinge teen 29 Februarie!

Besoek die nominasieblad by hierdie skakel: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/best-of-vaal/

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button