Local newsNewsNews

Glimlagte en trane op eerste dag van skool

Die 2024-skooljaar is nou in volle swang!

MEYERTON. – Daar was baie opgewonde glimlagte en hier en daar ‘n traantjie toe gr. 1- en gr. R-leerders die afgelope week by laerskole regoor die land verwelkom is.

Vaalweekblad het Dinsdagoggend (16 Januarie 2024) by Laerskool Midvaal in Meyerton gaan inloer toe gr. 1- en gr. R-leerders by die skool ontvang is.

*Daar is meer foto’s in eerskomende Vrydag se Vaalweekblad. Kyk ook uit vir ons opwindende kompetisie!

Karmie du Plessis, ‘n gr. R-leerder van Laerskool Midvaal, veg om die traantjies te keer op haar eerste skooldag. Foto: Christiaan Cloete
Werner Redelinghuys, ‘n gr. R-leerder, agter sy skoolbank in Juffrou Daleen van der Lith se klas. Foto: Christiaan Cloete
Mnr. Johan Jankowitz, skoolhoof van Laerskool Midvaal, verwelkom jong leerders op hul eerste dag van skool. Foto: Christiaan Cloete
Ouers en leerders op die pawiljoen by Laerskool Midvaal, waar gr. 1- en gr. R-leerders Dinsdag verwelkom is. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button