Vaalweekblad se Graad 1 kompetisie
Daar is geen koste aan verbonde nie en kontant en pret-pryse is op die spel.
Die eerste skooldag van 2024 was soos altyd ‘n bittersoet affêre. Party se gesiggies het met opwinding gestraal, terwyl ‘n paar nog so effens onseker was oor wat vir hulle by die “grootskool” voorlê.
Vaalweekblad se joernaliste het by ‘n paar plaaslike skole gaan inloer en van die oomblikke vasgevang.
Maar ouers wie se klein “kampioene” nie afgeneem was nie, sal bly wees om te hoor dat Vaalweekblad se Great 2 be in Grade 1 kompetisie dit vir alle belangstellendes moontlik maak om met hul kleingoed in die koerant te spog.

Daar is geen koste aan verbonde nie, en boonop gaan daar R500 kontant en ander gelukkige pryse op die spel wees vir drie van die oulikste foto’s.
Die wenners sal deur Vaalweekblad gekies word. Dus, hoe mooi duideliker jou foto is, hoe beter jou kanse.
Al wat jy moet doen is om die QR kode in die week se Vaalweekblad (19 Januarie) te skandeer.
Om te skandeer is maklik, jy fokus net met jou selfoon kamera daarop. Dit sal jou na ons webtuiste neem waar die foto’s opgelaai kan word en die inligting ingevul kan word.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Dinsdag, 23 Januarie. So moenie uitstel nie, tyd loop uit.
LET WEL: Die kompetisie is slegs vir graad 1’s van plaaslike laerskole in die Vaaldriehoek.
Die foto’s wat ingeskryf word sal dan vanaf volgende week in Vaalweekblad se 26 Januarie uitgawe pronk.
Komaan Valies, spog bietjie met jul kleingoed.
Hier is van die oulike graad 1’s wat by die Laerskool Totius in Vanderbijlpark afgeneem is op hul eerste skooldag. Hulle is nie deel van die kompetisie totdat hul ouers hulle inskryf nie. Foto’s: Elsje Vermeulen





