NewsNews

Vinkie sprei vlerke in groot skool

In April 2022 was hy in 'n koma, vandag is hy in graad 1. Lees meer...

VAALPARK. – Hanro, beter bekend as Vinkie Read, het 17 Januarie as graad 1-leerling na sy klas by Vaalpark Primêr gestap.

Soos duisende ander graad eentjies, effens onseker oor wat wag, maar tog opgewonde. Dat hy dit kon doen is net genade, harde werk en deursettingsvermoë.

Vinkie was maar vyf jaar oud toe hy en sy gesin in April 2022 in ‘n motorongeluk was.

Van almal in die gesin het hy die ergste seergekry en is met onder meer breinbeserings in die traumaeenheid in Alberton opgeneem.

Almal het gebid en laer getrek rondom die Reads. Die spesialiste het saamgespan. Vinkie is onder sedasie gehou en stadig maar seker het daar verbetering ingetree.

Hy het een en almal verras en is 1 Julie 2022 ontslaan. Arbeids- en fisioterapie het volstoom voortgegaan en teen Januarie 2023 kon hy hy weer touspring en fiets ry.

Verlede jaar was hy in graad R en hierdie jaar durf hy die groot skool aan met sy kenmerkende glimlag en rustige geaardheid.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button