Local newsNewsNews

Die katrolle het weer gesing

SASOLBURG. - Die katrolle het weer gesing toe die Hap en Kap-hengelklub sy eerste klubkompetisie van 2024 gehou, en 476 vis vir die dag geland het.

Die kompetisie is op 20 Januarie by Jackie Leonard, Deneysville gehou.

“Alhoewel dit koelerig was die oggend, was die manne en dames oorgehaal vir die dag se hengel,” sê Leon Meyer (woordvoerder vir die klub).

En die jaar kon nie beter afgeskop het nie. Die 25 hengelaars kon daarin slaag om 476 vis met ‘n massa van 283,055 kg in te weeg vir punte.

Dit sluit in: 272 karpe, 43 babers, 60 moddervis en 101 graskarpe.

Die meeste vis was deur Johan Pieters gevang (42, gewig 24,870 kg). Hy het ook die swaarste baber van 13,765 kg gevang. Johan is ook die individuele wenner in die veterane afdeling.

Hennie Greyling was die naawenner met 41 vis.

Die kompetisie onder die senior hengelaars was op ‘n mespunt gedryf en hul het mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Kit Taljaardt het as wenner uit die stryd getree met 27 vis (32,559 kg) en Dawie Janse van Rensburg met 39 vis (20,435 kg), punte verskil van 1,115.

Die dames wenner is Sonja Janse van Rensburg met 22 vis, die penkop wenner is Wihandré Burger met 10 vis, en die junior wenner is Meandro Pieters met 32 vis.

Wimpie Willemse het die swaarste graskarp van  7,810 kg gevang en Danie Heydenrych ‘n karp van 3,410 kg (beide veterane).

Die swaarste moddervis is gevang deur Dawie Jansen van Rensburg – 0,655 kg.

Die volgende klubkompetisie is by Kees van der Walt, Deneysville. Belangstellendes kan Leon Meyer kontak by 083 775 4639.

Dawie Jansen van Rensburg met sy vangs.
Sonja Jansen van Rensburg met haar vangs vir die dag.
Wimpie Willemse met die graskarp wat hy gevang het.
Kit Taljaardt was die senior wenner met 27 vis.
Johan Pieters het ook die swaarste baber van die dag (13,765 kg) gevang. Hy is ook die veterane afdeling wenner.
Michael Meyer besig om ‘n vis te skep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button