Fotoblad: Kleurryke versameling beïndruk
Die week se fotoblad is ryk aan kleur en 'n kreatiewe uitkyk op die lewe. Kyk net hoe pragtig!
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) die geleentheid om met hul foto’s te spog.
Die fotograwe (gewapen met kamera of selfoonkamera) laai deurlopend hul foto’s op die Facebookblad: Elsje’s Choice on Photos.
Enige fotograaf of aspirant fotograaf kan deel word van die groep.
Let asb. daarop dat foto’s in fokus en goed belig moet wees. Die idee is om na goeie kwaliteit foto’s te strewe. KWALITEIT in plaas van kwantiteit asb.
Van die foto’s word dan in ‘n weeklikse foto versameling op Vaalweekblad se webtuiste gepubliseer.
Daaruit word die top foto’s van die week gekies om in die gedrukte Vaalweekblad te verskyn.
Fotoblad 179 verskyn die week in Vaalweekblad (Vrydag, 26 Januarie).


















































































