Local newsNewsNews

Man by Henley-on-Klip-keerwal uit Kliprivier gered

Die Midvaal-brandweer het Maandagmiddag die lewe van ‘n middeljarige man gered nadat hy by die Kidson-keerwal by Henley-on-Klip in die water beland het.

HENLEY-ON-KLIP. – Die man van Sicelo in Meyerton het glo die Kliprivier op die keerwal probeer oorsteek toe hy deur ‘n sterk stroom meegesleur is.

Hy is ongeveer 50 meter met die stroom af gespoel tot hy teen ‘n boomstomp tot stillstand gekom het.

Die Midvaal-brandweer het die man na 18:00 uit die rivier gehelp.

Die Midvaal-brandweer het ‘n beroep op die publiek gedoen om riviere tydens die reënseisoen te vermy weens strome en ovoorspelbare kondisies.

Die Midvaal-brandweer kan in noodgevalle by 016 360 7500 geskakel word.

*Lees meer oor die reddingsoperasie in die gedrukte weergawe van die Vaalweekblad wat Vrydag verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button